Mini-Sokkerwêreldbeker op Oudtshoorn

Die Eden Football Association het die naweek ’n Mini-Sokkerwêreldbeker by die Oudtshoorn Vaardigheidskool se velde aangebied. Die uitslae van die onderskeie afdelings was soos volg. o11: Oudtshoorn Tigers 1 - Alpha 0 o13: Phantom Wolves 1 - Bongolethu Utd 0 Die Plate-finaal: o11: Phantom Wolves 1 - Principia 0 o13: Oudtshoorn Tigers 1 - Alpha 0 Die spanne wat deelgeneem het was Alpha, Aqua Lighting, Bongolethu Primêr, Colridge Primêr, Oudtshoorn Tigers, Phantom Wolves, Principia Independent School en Rising Stars. Foto's: Stefan Skapie Goosen