DIE lede van die Oudtshoorn Posduifklub (OPK) het hul wedvlugduiwe Sondag (3 Julie) op Britstown in die Noord-Kaap gaan loslaat, sowat 420 km vanaf Oudtshoorn via die N12.
Die duiwe self het sowat 342 na 350 km huistoe gevlieg.
In die Junior-afdeling se Jaaroud- en Ope-wedvlugte het die klub se enigste jongeling, MJ Pienaar, sy deelname volgehou. Twee van sy duiwe het die Jaaroudwedvlug voltooi, en vyf die Ope-wedvlug.
In wedvlug 9, die Jaaroud-afdeling vir seniors, het duiwe van Klein Karoo Lofts (KKL) die eerste- en derdeplek verower, met een van Ervic Kemp se duiwe wat tweede gekom het.
In wedvlug 10 – die Ope-afdeling – het twee van Hannes Smit se duiwe eerste huistoe gekom, met ’n duif van Night Drop Racers (NDR) in derde.
Wedvlug 9-uitslae: KKL – 1, 3, 12, 21, 22 en 27; Kemp – 2, 6, 26 en 30; NDR – 4, 5, 8, 11, 14 en 23; Thelma’s Loft – 7, 9 en 25; Smit – 10, 20 en 24; Anton Janse van Rensburg (JvR) – 13, 16 en 28; Ockie@Abe – 15, 18, 19 en 29; Otto Lofts – 17.
Wedvlug 10-uitslae: Smit – 1, 2, 15, 22 en 27; NDR – 3, 4, 14, 19, 28 en 29; KKL – 5, 6, 16 en 18; Ockie@Abe – 7, 9 en 10; JvR – 8 en 21; Kemp – 11, 12 en 30; Thelma’s Loft – 13, 20, 23 en 24; Otto Lofts – 17, 25 en 26. (Deur Stefan Skapie Goosen)
Posduifwedvlugte vanaf Britstown
Só lyk dit wanneer wedvlugduiwe losgelaat word. Hierdie foto is tydens ’n vorige wedvlug geneem. (Foto verskaf.)