HUNGRY LIONS en Neppon Warriors sal sake Sondag (10 Julie) in die eindstryd van die 2022 Oudtshoorn Premierliga (OPL) T20 Vlakkie-krieketkompetisie uitspook wanneer die twee spanne mekaar op Hunters Park in Dassieweg die stryd aansê.
Hungry Lions het sy halfeindstryd teen Spartans met 12 lopies gewen terwyl die Neppon Warriors vir Legends met vier paaltjies geklop het. Hungry Lions het eerste gekolf en in sy 20 boulbeurte 79 lopies aangeteken met Spartans wat vir 67 uitgeboul is. In hul wedstryd het Legends eerste gekolf en 77 lopies aangeteken. Die Warriors het die wenteiken in die 17de boulbeurt bereik met nog vier paaltjies in die bank.
Sondag se eindstryd begin om 14:00.
(Deur Garnett Wicomb)
OPL eindstryd kom
Vlakkiekrieket-aksie in Januarie Foto: Ebenezer Titus