Posduifklub se vluguitslae

Verlede Saterdag het die Oudtshoorn Posduifklub se duiwe vanaf Wolmaranstad gevlieg.

Die duiwe is om 6:30 die Saterdagoggend losgelaat, maar hulle het eers die Sondag ingeklok.

Die eerste plek in beide die wedvlugte is gewen deur Night Drop Racers. In wedvlug 27 het hul duif ingeklok omstreeks 09:59:57, na ’n afstand van 794,4 km. In wedvlug 28 het hul duif omstreeks 08:02:06 ingeklok na dieselfde afstand van 794,4 km.

Wedvlug 27-uitslae: Night Drop Racers – 1, 3, 5, 7 en 8; Hannes Smit – 2; A.M.J. Lofts – 4, 6 en 9.
Wedvlug 28-uitslae: Night Drop Racers – 1, 3, 5 en 8; A.M.J. Lofts – 2 en 7; Hannes Smit – 4 en 9; Dirk Greeff Lofts – 6. (Deur Lindi Brill)