Kavaliers klop Rebels in finaal

Die finaal van die Landelike Voetbal Unie-liga het verlede Saterdag plaasgevind by die Plate in Bridgton. Die Kavaliers van Grootkraal het te staan gekom teen die Rebels van Kruisrivier. Die Kavaliers het die wedstryd gewen met ’n telling van 20 - 10. Dit is die tweede jaar in ’n ry dat die Kavaliers die titel verdedig. Albei hierdie spanne het opbeweeg na die Karoo Streekliga. Foto: Ebenezer Titus