Jacobs raap die wen op in Oudtshoorn Parkrun

Jacques Jacobs (links) was verlede Saterdag die wenner van die Parkrun by Surval en Melanie Fourie (regs) was die eerste vrou oor die wenstreep en algeheel 6de. Foto: Garnett Wicomb

Jaques Jacobs wat die vorige week met ’n tweede plek tevrede moes wees, het Saterdag se 356ste Oudtshoorn Parkrun met ’n tyd van 24 minute 9 sekondes gewen.

Mzwamajama Pakade was met sy derde deelname tweede, met sy beste tyd van 25 minute 28 sekondes en Hoon Hannes derde met ’n tyd van 26 minute 51 sekondes.

Melanie Fourie, wat algeheel in die sesde plek klaargemaak het, was die vrouewenner en die 12-jarige Lize-Mari Mostert die eerste junior van die dag se 33 deelnemers.

Die voorste twintig drawwers was Jacques Jacobs (24:09), Mzwamahama Pakade (25:28 ), Hoon Hannes (26:51), Albertus Kennedy (29:13), Johann Coetzer (30:28), Melanie Fourie (30:41), Lize-Mari Mostert (30:56), Susan Jackelman (31:44), Brian Talbot (33:30), James Jackeleman (33:41), David Brand (35:42), George Ross (36:46), Nico Myburgh (37:14), MauriceWicomb (37:21), Ellenore Cronje (38:36), Delia Niemand (40:18), Leonie Stuurman (40:54), Liezl Brand (41:41), Anette Jonck (42:21) en Annemarie le Roux (46:58). (Deur Garnett Wicomb)