Landloop atlete presteer

Die landloopatlete wat by die ASA (Atletiek Suid-Afrika) se SA kampioenskappe in Gqeberha presteer het is William van Tonder (onder), en op die foto bo is Anè Bester, Mnr Quintin Bester, Chanelle Bester en Alri Eloff. Foto: Verskaf

Die landloopatlete wat verlede Saterdag, 16 September, aan die ASA (Atletiek Suid Afrika) se SA kampioenskappe in Gqeberha deelgeneem het, het baie goed presteer.

Die uitslae was soos volg: Anè Bester (D/o.15) – 1ste atleet van SWD en Wes-Kaap; Chanelle Bester (D/o.16) – 1ste SWD en 4de Wes-Kaap; Alrie Eloff (D/o.10) – 1ste SWD en 1ste Wes-Kaap; William van Tonder (8 km ju-nior mans) – 4de SWD. (Deur Lindi Brill)