Posduifklub bedrywig met wedvlugte

Anton Janse van Rensburg (links) en MJ Pienaar was van die naweek se uitblinkers. (Foto’s verskaf)

DIE posduifwedvlugseisoen het skaars weer begin en die lede van die Oudtshoorn Posduifklub (OPK) is reeds baie bedrywig.

Lede van die klub het oor die afgelope twee Saterdae (11 en 18 Junie) hul duiwe op onderskeidelik Drie Susters en Victoria-Wes, beide in die Noord-Kaap, losgelaat.

In die laaste wedvlug op 18 Junie, van Victoria-Wes na Oudtshoorn, het klublede se duiwe tussen 260 en 269 km afgelê.

In die Junior-afdeling se Jaaroud- en Ope-wedvlugte het die klub se enigste jongeling, MJ Pienaar, sy ontwikkeling in die sport voortgesit. Vyf van sy duiwe het die Jaaroud-wedvlug klaargemaak, en vier duiwe die Ope-wedvlug.

In wedvlug 5, die Jaaroud-afdeling vir seniors, het een van Night Drop Racers (NDR) se duiwe die eerste-plek verower, met twee duiwe van nuweling by die klub, Anton Janse van Rensburg, wat tweede en derde geeïndig het.

In wedvlug 6 – die Ope-afdeling – het Janse van Rensburg (JvR) se duiwe die eerste- en derde-plek ingeneem, met NDR in tweede.

Wedvlug 5-uitslae:
NDR – 1, 4, 5, 10, 11, 24, 29 en 30; JvR – 2, 3, 20 en 23; Klein Karoo Lofts (KKL) – 6, 7, 8, 16, 18 en 21; Hannes Smit – 9, 25 en 26; Thelma’s Loft – 12 en 17; Otto Lofts – 13, 19, 27 en 28; Ockie@Abe – 14, 15 en 22.

Wedvlug 6-uitslae: JvR – 1, 3, 5 en 16; NDR – 2, 10, 12, 18 en 23; KKL – 4, 7, 11, 13, 14, 17, 25, 29 en 30; Ockie@Abe – 6, 9 en 22; Thelma’s Loft – 8, 19, 21 en 24; Smit – 15, 26 en 27; Otto Lofts – 20 en 28.

Drie Susters (11 Junie)
Wedvlug 3-uitslae: KKL – 1, 2, 3, 4, 21, 22 en 28; JvR – 5, 9, 10, 17 en 18; Ervic Kemp – 6 en 23; Otto Lofts – 7, 19, 20 en 26; NDR – 8, 11, 12, 14, 16, 24 en 27; Raubenheimer Broers – 13 en 30; Ockie@Abe – 15; Thelma’s Loft – 25 en 29.

Wedvlug 4-uitslae: JvR – 1, 12, 20 en 25; Raubenheimer Broers – 2, 3, 7 en 8; Smit – 4, 9, 10 en 11; Kemp – 5, 21, 22 en 26; KKL – 6, 14, 19, 27 en 29; Thelma’s Loft – 10, 28 en 30; Otto Lofts – 13, 15 en 16; NDR – 17, 18, 23 en 24. (Deur Stefan Skapie Goosen)