Anacondas wen Jeugdag dominoes-toernooi

Op Donderdag, 16 Junie het nege dominoes-klubs van Oudtshoorn aan 'n Jeugdag dominoes-toernooi deelgeneem wat by die Bridgton Sportgronde gehou is. Die Anacondas dominoesklub het die toernooi gewen. Hier ontvang die wenspan die trofee, geborg deur Build-it. Voor van links is Dawid May, Regina Verlaat, Hendrick Julies en Marthinus de Laan van Build-it. Agter van links is Emmanuel Gabriel, Sanna Ruiters, Jakob Koeries en Willem Ruiters. (Deur Marli van der Westhuizen) (Foto verskaf)