
Plaaslike skole en klubs het verlede week hul staal gewys by die SA Toutrekkampioenskappe wat op 20 en 21 Maart in Robertson plaasgevind het. Die kampioenskappe, wat as een van die grootste skoolsportbyeenkomste in die land beskou word, het meer as 400 spanne van regoor Suid-Afrika gelok en Robertson vir die naweek in die hartklop van toutrek omskep.
Teen dié sterk nasionale kompetisie het verskeie Klein Karoo-spanne hul merk gemaak en uitstekende prestasies gelewer.
Skole het in twee verskillende afdelings deelgeneem.
Die Liga afdeling is die beste, mees gevorderde spanne, en die ont-wikkelingsafdeling is vir nuwe spanne in die sport, en mag net vir twee jaar hier deelneem voor hul opskuif na die liga afdeling.
Hier volg die naweek se uitslae:
Hoër Landbouskool Oakdale:
Premier-Afdeling
420 kg: A-span Goud
440 kg: A-span Goud
480 kg: A-span Goud,
B-span Brons
520 kg: A-span Silwer
560 kg: A-span Silwer,
B-span Brons
600 kg: A-span Goud,
B-span Silwer
Presidentsafdeling:
440 kg: C-span Brons
480 kg: C-span Silwer
520 kg: C-span Silwer
Oudtshoorn Tourtrek Klub
Presidentsafdeling:
480 kg Seuns Goud
600 kg Seuns Brons
520 kg Gemeng Goud
520 kg Seuns Goud
440 kg Seuns Silwer
480 kg Dogters Silwer
Laerskool Wesbank:
Premier-afdeling
230 kg Silwer
280 kg 4de
320 kg Goud
340 kg Dogters Silwer
360 kg Goud
400 kg Goud
440 kg Goud
Presidentsafdeling: 320 kg Silwer
Laerskool Laurus:
Presidentsafdeling
400 kg Silwer