LIEFHEBBERS van bergfietsry het vandeesweek slegte nuus ontvang nadat dit bekend gemaak is dat die 2021 Momentum Medical Scheme Cape Pioneer Trek presented by Biogen vir die tweede agtereenvolgende jaar weens die Covid-19-pandemie afgelas is.
Die immergewilde fietsren wat van 5 tot 11 September in die Tuinroete- en Klein Karoo-streke sou plaasvind, is gekanselleer. Die besluit is deur die organiseerders, Dryland Event Management, geneem tesame met borge en vennote.
Die 2020-fietsren is gekanselleer weens die Covid-19-beperkings. Die 2021-fietsren, wat volgens Dryland ’n rekordgetal inskrywings gelok het, is ook weens Covid-19 uitgestel, al was wed-renpersoneel gereed nadat Covid-19-maatreëls onlangs verslap is.
Henco Rademeyer, medestigter van Dryland Event Management, het Vrydag (30 Julie) gesê die veiligheid van deelnemers en personeel bly Dryland se prioriteit. “Die Drylandspan is gereed om aan al die regering se Vlak 3-vereistes te voldoen, maar ons het ongelukkig nog nie die versekering dat alle betrokke regeringsektore gaan saamwerk nie. Ons kan bloot nie aanhou wag en die wedren dan nader aan die tyd moet kanselleer nie. Ons het dus besluit om dit af te gelas.”
Tydens vanjaar se fietsren, die twaalfde een, sou deelnemers ’n afstand van 462 km aflê met 11 250 meter se klimwerk. Omdat die byeenkoms tussen verskillende dorpe beweeg, wat verskeie munisipale gebiede en wedrenoornagplekke by staatsko-le insluit, is die volle ondersteuning van die departemente reeds vooraf nodig om die geleent-heid suksesvol te laat plaasvind.
“Ons het die volle goedkeuring van ’n reeks regeringsdepartemente, sowel as plaaslike ramp-bestuur en die polisiediens nodig, maar ons het steeds nie al die goedkeurings nie, en weet nie of ons dit betyds sal kry nie.
Dit is ook belangrik om daarop te let dat Covid-19-opnames tans in die omgewing toeneem. Dit is waarskynlik die belangrikste rede waarom sommige departemente huiwerig is om toestemming vir geleenthede te verleen,” het Rademeyer gesê.
Geen datum vir 2022 se Cape Pioneer Trek is al bekend gemaak nie. (Deur Stefan Skapie Goosen)
Pioneer Trek wéér afgelas
the 2019 edition of the 'Race with Soul' showcases a culmination of the best trails and areas we have utilized over the last 10 years. The focus is on pure enjoyment and the emphasis has been shifted to more scenic areas to ride through. Image by Marike Pearton from www.zcmc.co.za