Parkrun terug by Surval

DIT is amptelik. Die Oudtshoorn Parkrun begin weer Saterdag (7 Augustus) ná ’n afwesigheid van langer as ’n jaar, by Surval Olyflandgoed noord van Oudtshoorn.

Volgens een van die organiseer-ders, Ciska Deck, het Parkrun Suid-Afrika die groenlig gegee vir die gewone Parkruns nadat pres Cyril Ramaphosa die land Sondag, 25 Julie, weer op ’n gewysigde Vlak 3-inperking geplaas het.

Die wegspringtyd Saterdagoggend is 08:00, en alle deelnemers moet met maskers by Surval aankom en protokol nakom.
Die maskers kan vir die 5 km afgehaal word.

64ste virtuele Parkrun
Saterdag, 31 Julie, se 64ste virtuele Oudtshoorn Parkrun is gewen deur Rudolph Clench met ’n puik tyd van 23 minute 11 sekondes.

Jacques Dyason was tweede met sy tyd van 24 minute 12 sekondes, en Francois le Roux derde met ’n tyd van 24 minute 54 sekondes.

Die res van die deelnemers met hul tye was: Henry Carstens (27:00), Abraham Hendricks (27:39), Hildegarde Bruwer (28:34), Annemarie le Roux (29:23), Conrad Jullies (30:05), Belinda Muller (38:36), Leonie Stuurman (38:26), Garnett Wicomb (51: 45) en Echbert le Roux (53:36). (Deur Garnett Wicomb)