Phillipus en Fortuin wen vleis

William Phillipus (naasregs) en Alan Fortuin (regs) het die Oudtshoorn Besigheidskamer se gholfdag gewen. By hulle is Gideon Badenhorst (naaslinks), voorsitter van die besigheids-kamer en Paul Stroebel, klubkaptein. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
William Phillipus en sy maat, Alan Fortuin, was Woensdag, 14 Augustus, met ’n telling van 47 pun-te die wenners van Oudtshoorn Besigheidskamer se gholfdag op die plaaslike baan.

Terry van Coller en Fanie Greeff was die naas-wenners met 45 punte.

Pieter Strauss en Dirk Kuhn, Hannes Smal en Louis Slabbert, en Garth Matthews en Chris Mac-pherson, almal met 44 punte, was op ’n uittel onderskeidelik derde, vierde en vyfde.

Marius Greeff het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan en Lollies van Rensburg op die 15de.

Phillipus, Slabbert en Greeff het op die 3de putjie spogtwees geslaan, Strauss en Van Rensburg op die

8ste, Van Rensburg, George Fourie en Kirsten Bredekamp op die 12de en Barries Griebenouw op die 15de.

• PPC het die gholfdag geborg.