Parkrun word hervat

Bert Verlinde. Foto: Garnett Wicomb

DIT is amptelik: Die Oudtshoorn Parkrun wat in Maart 2020 weens die Covid-pandemie gestaak is, word Saterdag (9 Oktober) hervat by die Surval Olyflandgoed langs die Kango Grotte-pad.

Volgens Conrad Jullies, een van die plaaslike organiseerders, het Parkrun SA sy goedkeuring gegee vir die hervatting van alle Parkruns landwyd met Covid-19-regulasies wat streng nagekom moet word. Saterdag se wegspringtyd is 07:00.

• Bert Verlinde het verlede Saterdag die laaste virtuele Oudtshoorn Parkrun gewen in ’n haastige tyd van 21 minute 56 sekondes, gevolg deur Francois le Roux (26:11), Henry Carstens (27:27), Conrad Jullies (28:29), Abraham Hendricks (28:34), Hildegarde Bruwer (29:12), Thusoetsile Jood (32:00), Sylvia le Roux ( 36:19), Nickie Sale (43:02) en Garnett Wicomb (45:30). (Deur Garnett Wicomb)