De Jager wen federasie-titel

DIE Oudtshoorn Posduifklub (OPK) se lede het hul wedvlugduiwe Saterdag (2 Oktober) op Vryburg in die Noord-Wes Provinsie losgelaat, met een van die lede wat teruggekeer het met die Eden Posduif Federasie-titel.

Johan de Jager se duiwe het uitste-kend gevaar.

Hulle het nie net die eerste twee en eerste vier plekke in onderskeidelik wedvlug 31 en 32 ingepalm nie, maar die eerste drie plekke in die federasie-puntetafel.

Slegs een van Ockie@Abe se duiwe kon De Jager se skoonskip-oorwinning kelder deur om derde in wedvlug 31 te eindig.
Wedvlug 31-uitslae: De Jager – 1, 2, 4, 5, 7 en 8; Ockie@Abe – 3 en 6; Hannes Smit – 9; en George Erasmus – 10.

Wedvlug 32-uitslae: De Jager – 1, 2, 3, 4, 8, 9 en 12; Erasmus – 5 en 15; Ockie@Abe – 6, 7, 11, 13 en 14; Smit – 10. (Deur Stefan Skapie Goosen)