


Die koue reënweer het ovaalbaangeesdriftiges beslis nie Saterdag (7 Mei) weggeskrik van die Oudtshoorn Motorklub se Autumn Bash nie, al het dit meer soos ’n winter-wedren gevoel. Links, bo en regs is tonele van die wedren op die RedRock Raceway. Die aksie was slegs ’n voorsmaak van die Richard Griessen Klein Karoo Kampioenskappe wat 9 Julie op Oudtshoorn sal afspeel. Foto’s: Stefan Skapie Goosen


