Oudtshoorniete skitter by 2022 SWD Kriekettoekennings

Micaela Andrews (Bo, foto verskaf) van Oudtshoorn is tydens die Six Gun Grill SWD Kriekettoekennings Saterdagaand (7 Mei) by De Opstal aangewys as SWD Vrouespeler van die Seisoen weens haar prestasies op plaaslike en nasionale vlak. Nog ’n groep Oudtshoorniete, die bestuurslede en lede van die Union Stars Krieketklub, spog hier met die trofeë wat die klub Saterdagaand ontvang het. Die klub se mans- en vrouespan het onderskeidelik toekennings ontvang as wenners van die Promosieliga Afdeling 2 (mansspan) en as wenners van die Vroueliga. Enkele van hul spelers, Thurston Wessels en Haroline Rhodes, het ook toekennings vir hul individuele spel in hierdie ligas ontvang. Foto: Garnett Wicomb

Be the first to comment on "Oudtshoorniete skitter by 2022 SWD Kriekettoekennings"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*