Oudtshoorn wen tien in ’n ry

Spelers van die Oudtshoorn Rygbyklub wat trofees ontvang het ná hul oorwinning van 94-10 oor Gamka. Agter van links is Marthinis Hendricks (vleuel) - Beste Verdediger, en Keith Marx (senter) - Agterspeler van die Wedstryd. Voor van links is Fernando Arendse (skrumskakel) - agterspeler wat die beste gevorder het, Ferdie van Rensburg, afrigter, en Utrecht Olckers (flank) - Speler van die Wedstryd en voorspeler wat die beste gevorder het. Brendan Kamfer borg die drie  nuwe trofees vir die klub en Cecil-Jon Jones en Donnie Marais het die Speler van die Wedstrydtrofees geskenk.

Spelers van die Oudtshoorn Rygbyklub wat trofees ontvang het ná hul oorwinning van 94-10 oor Gamka. Agter van links is Marthinis Hendricks (vleuel) – Beste Verdediger, en Keith Marx (senter) – Agterspeler van die Wedstryd. Voor van links is Fernando Arendse (skrumskakel) – agterspeler wat die beste gevorder het, Ferdie van Rensburg, afrigter, en Utrecht Olckers (flank) – Speler van die Wedstryd en voorspeler wat die beste gevorder het. Brendan Kamfer borg die drie nuwe trofees vir die klub en Cecil-Jon Jones en Donnie Marais het die Speler van die Wedstrydtrofees geskenk.

Deur Ben du Preez
DIE eerste span van die Oudtshoorn Rugbyklub het Saterdag die eerste ronde van die SWD Karoostreekliga met ʼn oorwinning van 94-10 oor Gamka afgesluit.
Hulle is nou bo aan die punteleer van dié liga.

In hul wedstryd die vorige week was hulle halftyd 7-22 agter teen Adias, maar het hulle teruggeveg om met 26-25 te wen.

Dié span het vanjaar tien wedstryde ná mekaar gewen, waarvan sewe in die eerste ronde van die Karoostreekliga.

Die spelers skryf hul sukses toe aan hul afrigter, Ferdie van Rensburg, wat ook die voorsitter van die klub is.