Die Oudtshoorn Veerpyltjieklub se mans- en vrouespanne het tussen 4 en 8 Julie in Johannesburg aan die SA Nasionale Veerpyltjieampioenskappe gaan deelneem, met die mansspan wat teruggekeer het as kampioene! Die span het teen tien ander provinsiale en assosiasies se spanne gespeel. Die wenspan is voor, van links Emile Johannes, Hoffie Nel, Donnivon John, Fanie Cilliers (spanbestuurder) en Draad Dreyer. Agter staan Elvin van Huyssteen en Stephan Swanepoel. Die vrouespan het ook goeie kompetisie teen hul teenstanders gelewer en vierdie geïndig. (Foto verskaf)