Oudtshoorn Besigheidskamer se maandelikse gholfdag wenners
57 spelers het Woensdag (6 Julie) aan die Oudtshoorn Besigheidskamer se maandelikse gholfdag - hierdie keer geborg deur Klein Karoo Toyota en Coetzee & Van Der Bergh Prokureurs - deelgeneem. Met 51 punte het Makka Swart (naaslinks) en Sali Oosthuizen (derde van regs) die dag se spel gewen. By hulle is, van links Lourens Swanepoel (Coetzee & Van Der Bergh), Christo van der Bergh (Coetzee & Van Der Bergh), Abri Ferreira (voorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer) en Jurie Neetling (Oudtshoorn Gholfklub klubkaptein).
Foto: Stefan Skapie Goosen