
Die Oudtshoorn Veerpyltjie-klub het van 23 – 29 Junie aan die Suid-Afrikaanse Veerpyltjiekampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem en het besonder goed gevaar in hierdie kompetisie.
Die mansspan het met die goue medalje weggestap as die Mans Assosiasiewenners in Blok 2. Hulle kan ook spog met die Algehele Mans- Kampioenebeker wat hulle gewen het.
JP Schoeman en Stephan (Slang) Swanepoel het goud gewen in hul Dubbel-afdeling. Schoeman het ook die prestasie behaal om vir die 25ste keer op die SA-toernooi ’n 180-punte te gooi.
Donavon John het ’n silwer medalje gewen in die Mansenkel-afdeling.
Die dames het ook hul pyle akkuraat laat vlieg en het die silwer medalje losgegooi in die Vroueassosiasie. (Deur Lindi Brill)