Besigheidskamer Gholfdag-uitslae

Die Besigheidskamer Gholfdag het op Woensdag, 3 Julie by die Oudtshoorn Gholfbaan plaasgevind en die dag is geborg deur Daisy Business Solutions. Met 41 spelers in die veld was dit weereens ’n suksesvolle dag. Gary Hutchings en Mark Galbraith het die eerste plek gewen met 47 punte. Pa en seun, Pieter en Vivier Strauss het tweede plek gewen met 46 punte en Stephen Terblanche en Ronel Westraad was in die derde plek met 46 punte. Op die foto van links is Makka Swart (klubkaptein), Gielie Marais (borg), Mark Galbraith, Gary Hutchings en Abri Ferreira (voorsitter Oudtshoorn Besigheidskamer). . Foto: Lindi Brill