Oudtshoorn skopboksers maak naam

Die groep skopboksers van Oudtshoorn, wat as deel van die Eden Skopboksspan aan die 2022 Suid-Afrikaanse Skopboksverenigingkampioenskappe deelgeneem het. (Foto verskaf)

’N GROEP skopboksers van Oudtshoorn, wat as deel van die Eden Skopboksspan op Diaz in Mosselbaai aan die 2022 Suid-Afrikaanse Skopboksverenigingkampioenskappe gaan deelneem het, het teruggekeer as kampioene!

Meer as 400 skopboksers van regoor die land het gaan deelneem, maar die Oudtshoorn skopboksers was gereed vir hulle.

Uit die groep Oudtshoorniete het agt teruggekeer as SA kampioene, waarvan drie as dubbele kampioene teruggekeer het. Verder het die span 11 SA titels verower, vyf silwer medaljes en een brons.

Na aanleiding van die kampioenskappe sal ’n nasionale span gekies word om aan die Afrika-kampioenskappe in Augustus deel te neem, asook aan die wêreldkampioenskappe in Oktober in Italië.

Individuele prestasies: Dirk Harold Mostert – SA Kampioen en brons; Logan Ellis; Simon Greeff – dubbel SA Kampioen; Audan Olivier – SA Kampioen; Anando Olivier – SA Kampioen en silwer; Divan Rademeyer – SA Kampioen; Maarten Krüger – silwer; Wian Grebe – silwer; Ben Greeff – SA Kampioen; Megan Grebe – dubbel SA Kampioen en silwer; Chaunique Bruce – silwer en Ranger Grebe – dubbel SA Kampioen. (Deur Stefan Skapie Goosen)