Oudtshoorn rugbyspane neem deel aan Tienmanrugbytoernooi

Drie rugbyspanne van Oudtshoorn het Vrydag tot Sondag op Ou-teniquapark op George aan ’n tienmanrugbytoernooi deelgeneem. Die Oudtshoorn-spanne wat deelgeneem het, is die Un­­­der­dogs, ’n o.35-span uit verskeie plaaslike rugbyklubs se spelers, ’n o.18-span van Aurial Kollege en ’n o.16-meisiespan. Op foto onder is Raldean Ruiters vasbeslote op pad na die doellyn met die bal onder die arm. Foto bo lê Marlin Jaars, heelagter van Underdogs, oop na die doellyn om te gaan druk. Daar was terselfdertyd ook ’n netbaltoernooi op Outeniquapark se netbalbane waaraan ’n span van Langenhoven Gimnasium deelgeneem het. Foto’s: Ebenezer Titus