Die ‘Appelkoosrol’ op Ladismith

Die wenners, van links, is André Smit, Lorrainne en Vollie van Vollenstee van Oudtshoorn. Foto: Deon Meyer

DIE Ladismith Rolbalklub het Saterdag, 4 November, ’n suksesvolle toernooi aangebied. Die tweede “Appelkoosrol” is op die Ladismith Rolbalbaan aagebied.

Die toernooi is goed ondersteun deur spanne van Oudtshoorn en Riversdal. Dit wou op ’n stadium lyk asof die reën ’n bedreiging inhou, maar genadiglik het die reën eers weggebly.

Die spanne van Oudtshoorn het op die dag skoonskip gemaak. André Smit, Lorrainne en Vollie van Vollenstee het met die eerste prys weggestap.

Skwik Luyt, Annette Keulder en Johan Saayman – ook van Oudtshoorn – was tweede. Buff en Leana Bawden en Hanette Bekker het die derde plek ingeneem.

Die toernooi het onder streng Covid-regulasies plaasgevind en is goed deur plaaslike besighede ondersteun.

Jacques Jonker van die Ladismith Rolbalklub het gesê dat die klub beoog om die toernooi weer volgende jaar aan te bied. (Deur Deon Meyer)