Oudtshoorn Besigheidskamer se laaste gholfdag van 2021 wenners

Die Oudtshoorn Besigheidskamer se laaste gholfdag vir die jaar - geborg deur Tyres & Treads en Oudtshoorn & De Rust Toerisme - is Woensdag (1 Desember) deur André Plaatjies (middel) en T Swarts (naasregs) op ’n telling van 48 gewen, op die Oudtshoorn Gholfbaan. By hulle is van links Corleen Barnard van die toerismeburo, Helen Butler van die Besigheidskamer en Jurie Neethling (heel regs), Oudts-hoorn Gholfklubkaptein. Die dag het 68 deelnemers gelok. (Foto verskaf)