Oudtshoorn rugbyklub sit Willowmore ore aan

Bo: Oudtshoorn rugbyklub se eerstespan. Onder: Oudtshoorn se tweedespan. Foto’s verskaf

Die manne van die Oudtshoorn Rugbyklub se eerste en tweede spanne het verlede Saterdag 21 Junie, met spanne van Willowmore afgereken, tydens hul wedstryde op Waza-park in Willowmore.

Die eerste span het hul wedstryd met 33-23 gewen en die tweede span het ʼn oorwinning van 13-8 beklink.

Die spanne het ook geskiedenis gemaak deurdat hulle vir die heel eerste keer die Willowmore-spanne gewen het.

Hul eerste rondte ligawedstryde is nou eers op die einde.

Die tweede rondte in die liga hervat weer op 5 Julie by die Rec op Oudtshoorn.

Die liga word dan afgeskop met die eerste wedstryd teen Dysselsdorp. (ANGELIQUE ERASMUS)