Gimmies-landloop laat stof spat in Mosselbaai

Gimmies se landloopspan ontspan in Mosselbaai. Foto verskaf

ELF landloopatlete van Langenhoven Gimnasium het op 21 Junie op Mosselbaai aan die Liga 4 landloopbyeenkoms deelgeneem.

Hulle het behoorlik stof in die ander spanne se oë geskop.

Vyf van dié Gimmie-atlete het puik gevaar en in die Top 3 geëindig.

Hulle is:
Sarah Saaiman -1ste (dogters o.14)
Amanda Joubert – 2de (dogters o.15) Amy Whittam – 2d (dogters o.16)
Alida Geldenhuys – 3de (dogters o.17)
Alexander van der Westhuizen – 3de (seuns o.15)
Baie geluk. (ANGELIQUE ERASMUS)