Is jy reg vir die Klein Karoo Kampioenskappe 2025?

Foto: Die Hoorn Argief

Sover is daar meer as 80 inskrywings wat mekaar die stryd gaan aansê op 12 Julie 2025 hier op Oudtshoorn.

Die enjins gaan tot laataand brul. Stof gaan staan soos die motors om die Red Rock Raceway jaag. Moenie hierdie dag misloop nie!

Loer gerus na Oudtshoorn Motorklub se Facebook bladsy vir enige opdatering sowel as enige addisionele inligting.