Oudtshoorn Rolbalklub se besigheidsliga kom tot ’n suksesvolle en opwindende einde van 24 November

Die Oudtshoorn Rolbalklub se gewilde Besigheidsliga het Woensdag, 24 November tot ’n suksesvolle en opwindende einde gekom met die span van PSP Timbers - van links Arno Van Wyk, Adriaan Van Greunen, Jan Van Niekerk (klubpresident), Bles Goussard en Shane Van Der Schyff - wat bo die 35 ander spanne as kampioene uitgestyg het. In tweede plek, kort op PSP se hakke, was Laerskool Wesbank, en in derde plek was Makka Swart Konstruksie se span. (Foto verskaf)