
Die eerste span van die Oudtshoorn rugbyklub het hul oorwinnings voortgesit toe hulle die span van DKD Eagles geklop het op die Eagles se tuisveld by die gevangenis op Saterdag, 18 Mei.
Dit is die sesde agtereenvolgende oorwinning wat hulle behaal het met die eindtelling van 41-5 op die telbord. Gert Kamffer is aangewys as speler van die wedstryd.
Die tweede span van Oudtshoorn het voor-geloop in hul wedstryd tot in die laaste paar minute.
Die Eagles het gesorg dat hulle agter die doellyn gaan kuier het en met net ’n paar minute van die wedstryd oor het die Oudtshoorn B-span met ’n strafskop gemis en was die eindtelling 24-22 in die Eagles se guns.
Die speler van die wedstryd was Christopher Jaers. (Deur Lindi Brill)