In ’n spanningsvolle wedstryd van die SWDRVU se eersteliga A, verlede Saterdag in Knysna, het Collegians gelykop gespeel teen Knysna United.
Die telling was teen rustyd 12 punte teenoor 10 in Knysna se guns. Collegians het egter teruggeveg en die eindfluitjie is geblaas met die eindtelling van 22-22 op die telbord.
Collegians A-span se puntemakers was Mercavyn le Roux met 2 drieë en ’n doelskop, en Adrian Lakay en Cascerino Lewis met een drie elk.
Die B-span van Collegians het verloor teen Knysna met ’n telling van 0-24. Hul volgende wedstryd is op 08 Junie 2024 teen Thistles in Friemersheim. (Deur Lindi Brill)
Collegians eindig gelykop teen Knysna
Bo: Die flank van Collegians, Cascerino Lewis, wat die bal dra en Collegians op die aanval plaas. Foto: Verskaf