Een van Oudtshoorn se grootste hoogtepunte met rugby-derby’s het Saterdag, 18 Mei, by die weermag sportgronde plaasgevind toe Bridgton Rugbyklub teen die Harlequin Forces in die SWD-Superliga A-wedstryd gespeel het.
Daar was ’n magdom ondersteuners van albei die spanne gewees en wat dit ook baie spesiaal gemaak het, was die minuut stilte wat voor al die wedstryde gehou is ter herinnering aan die Harlequins se Keanin Esau, wie op 7 Mei na ’n kort siekbed gesterf het en vroeër die dag ter ruste gelê is.
Die kragmeting was verseker een vir die boeke en albei spanne het hul harte uitgespeel, maar teen die einde van die dag het Bridgton koning gekraai in al drie hul wedstryde.
Die eindtelling vir Bridgton se A-span was 20 punte teenoor die Quins se 15 punte.
Bridgton se B-span het koning gekraai met ’n wentelling van 17-6 van die veld afgestap en die C-span het ook ’n oorwinning met ’n telling van 20-17 behaal. (Deur Lindi Brill)
Bridgton RFC kraai koning in derby by weermag sportgronde
Die kragmeting tussen die spanne van Bridgton en die Harlequins wat plaasvind voor ’n magdom toeskouers wat hul spanne kom ondersteun het. Foto: Verskaf