Liggies glinster tydens eerste Nag Gholf op Oudtshoorn

Die gholfkarretjie van Fanie’s Bak-werke wat behoorlik die donkerte weggejaag het met die vrolike liggies. Onder: Hanneke Wiese, Ronel Westenraadt, Jodi Mulder en Hennie-Edna Janse van Rensburg het geskitter met hul pragtige liggies. Foto: Lindi Brill

Verlede Vrydagaand was die Oudtshoorn Gholfbaan opgehelder met pragtige liggies tydens die heel eerste Rotariër Night Golf fondsinsameling wat by die gholfbaan aangebied is.

Elke setperk van die eerste nege gaatjies asook die skoonveld is deur pragtige liggies opgehelder.

Elke speler het ’n ‘glow-in-the-dark’ gholfbal ontvang en die spelers en karretjies het pragtig vertoon in die donker met hul liggie-versierings.

Die Rotariërs het gesorg vir ’n heerlike ete vir elke speler asook gelukkige trekkings en pryse vir die wenners. Daar was ook ’n wynvei-ling ten bate van die Oudtshoorn Rotariërs vir hul liefdadigheidswerk.

Daar was ’n totaal van 12 spanne wat deelgeneem het. (Deur Lindi Brill)

Die wenners van die dames was Hanneke Wiese (links) en Hennie-Edna Janse van Rensburg (regs). Saam met hulle op die foto is Leon Coetzee van die Oudtshoorn Rotariërs. Foto: Lindi Brill

Die ‘glow-in-the-dark’ gholfballe wat spesiaal vir hierdie geleentheid gebruik word. Wanneer die bal geslaan word, aktifeer dit die lig in die bal, wat dan vir agt minute lank gloei sodat die speler by sy bal in die skoonveld kan uitkom voordat die liggie afgaan. Foto: Lindi Brill