Oudtshoorn RFC en Volmoed Adias het verlede Saterdag vir hope rugby-opwinding gesorg met hulle Eersteliga B-wedstryde op die REC in Oudtshoorn.
In die eerste spanne se wedstryd het Volmoed teen halftyd voorgeloop met 18-11. Oudtshoorn het egter teruggeveg en die wedstryd gewen met 28-24. Hendrik Kotze, Charl Marais en Bernardt Bergh (2) het gesorg vir die drieë, terwyl Jean Heunis sy vernuf met sy skopskoen gewys het en 2 strafskoppe deur die pale gestuur het.
Die B-span van Oudtshoorn het hulle wedstryd teen Volmoed B met 31-10 gewen. Die 5 drieë is gedruk deur Marthinus Hendricks, Jaques van Zyl, Fredrich Koopman en Ryan Viljoen. Rowan Rondganger het 2 doelskoppe en 1 strafskop deur die pale gestuur.
Oudtshoorn RFC se spanne pronk so vêr bo-aan die Eersteliga B-punteleer, met die A-span op 48 punte en die B-span met 43 punte. (Deur Lindi Brill)
Oudtshoorn RFC en Volmoed Adias sorg vir opwindende wedstryd
Oudtshoorn RFC in aksie op die veld teen Adias van Volmoed. Albei spanne het hul harte uitgespeel. Foto’s: Verskaf