Oudtshoorn RFC en Volmoed Adias het verlede Saterdag vir hope rugby-opwinding gesorg met hulle Eersteliga B-wedstryde op die REC in Oudtshoorn.
In die eerste spanne se wedstryd het Volmoed teen halftyd voorgeloop met 18-11. Oudtshoorn het egter teruggeveg en die wedstryd gewen met 28-24. Hendrik Kotze, Charl Marais en Bernardt Bergh (2) het gesorg vir die drieë, terwyl Jean Heunis sy vernuf met sy skopskoen gewys het en 2 strafskoppe deur die pale gestuur het.
Die B-span van Oudtshoorn het hulle wedstryd teen Volmoed B met 31-10 gewen. Die 5 drieë is gedruk deur Marthinus Hendricks, Jaques van Zyl, Fredrich Koopman en Ryan Viljoen. Rowan Rondganger het 2 doelskoppe en 1 strafskop deur die pale gestuur.
Oudtshoorn RFC se spanne pronk so vêr bo-aan die Eersteliga B-punteleer, met die A-span op 48 punte en die B-span met 43 punte. (Deur Lindi Brill)