Oudtshoorn Posduifklub weer op volle vaart

Anton Janse van Rensburg (links) en MJ Pienaar was van die naweek se uitblinkers. (Foto’s verskaf)

DIE posduifwedvlugseisoen het weer begin en die lede van die Oudtshoorn Posduifklub (OPK) sê hulle is opgewonde! Hulle het vir die eerste wedvlug van die jaar hul duiwe op Drie Susters in die Noord-Kaap gaan vrylaat, sowat 250 km van die huis af.

Vanjaar is bietjie anders as voorheen, met ’n junior-afdeling wat by die wedvlugte gevoeg is.

Hierdie afdeling is op die oomblik nog wawyd oop, en daar is nog baie plek vir jong posduifgeesdriftiges om deel te neem. Tot dusver is daar net een deelnemer, die jong MJ Pienaar.

Sy duiwe het in beide die Jaaroud- en Ope-afdelings oor sowat 205 km huistoe gevlieg.

In wedvlug 1, die Jaaroud-afdeling vir seniors, het Klein Karoo Lofts (KKL) se duiwe die eerste twee plekke ingeneem. ’n Nuweling by die klub, Anton Janse van Rensburg, het in wedvlug 2 – die Ope-afdeling – dit reggekry om een van sy duiwe in eersteplek te kry.

Wedvlug 1-uitslae: KKL – 1, 2, 5, 6, 7, 13, 16 en 18; Raubenheimer Broers – 3, 4 en 26; Night Drop Racers – 8, 10, 14, 21 en 30; Ervic Kemp – 9 en 20; Ockie@Abe – 11, 22, 25 en 27; Thelma’s Loft – 12; Otto Lofts – 15, 28 en 29; Hannes Smit – 17, 23 en 24; JvRensburg – 19.

Wedvlug 2-uitslae: JvRensburg – 1, 23, 25 en 28; KKL – 2, 8, 9, 11, 18, 20, 26 en 27; Night Drop Racers – 3, 6, 15, 16, 17, 19, 22 en 29; Ockie@Abe – 4, 10 en 12; Smit – 5, 7 en 24; Thelma’s Loft – 13, 21 en 30; Raubenheimers – 14. (Deur Stefan Skapie Goosen)