Ses lede van die Oudtshoorn Fietsryklub hou Oudtshoorn se naam hoog
Ses lede van die Oudtshoorn Fietsryklub het tydens die afgelope naweek die dorp se naam hoog gehou en po- diumplekke by die Sylvester Bergfietsuitdaging te Beaufort-Wes verower. Op die langtoer, van drie dae oor 164 km, is Willem Serfontein (links op linkerkantste foto) eerste, en Nico Basson derde. Op die korttoer, ook van drie dae maar oor 97 km, is Jaden Camfer (links op regterkantste foto) eerste en sy broer, Josh Samson, derde. Die ander twee Oudtshoorniete, Alejandré Nel en sy pa Corné, het onderskeidelik derde en eerste op dag 3, Sondag, geeïndig. (Foto’s verskaf)