DIE Polisiehoogte Nasorgsentrum en Sopkombuis op Oudtshoorn het Erfenisdag Vrydag (24 September) met ’n sportdag by die sentrum gevier.
Die kinders het sokker, netbal en ander inheemse speletjies gespeel.
Terwyl die jong klomp besig was, het die senior burgers mekaar op die dominotafels die stryd aangesê.
Almal is bederf met vrugte wat die sentrum van die Oudtshoorn Korrektiewe Dienste ontvang het en lekker potjiekos. (Deur Garnett Wicomb)
Oudtshoorn Nasorgsentrum vier Erfenisdag met sportdag
Senior burgers speel dominoes op Erfenisdag. By hulle is Phillip Seroux. Foto: Garnett Wicomb