Poging tot moord: saak teen 60-jarige weer uitgestel

’N 60-JARIGE vrou van Oudtshoorn wat van poging tot moord op ’n 18-jarige meisie aangekla word, het Dinsdag (5 Oktober) ’n tweede keer vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn met die saak wat vir verdere ondersoek uitgestel is.

Christina Johanna Boshoff het glo op Woens­dag­aand 25 Augustus vanjaar ’n saal in die Mediclinic Klein Karoo binnegegaan en ’n 18-jarige met ’n skerp voorwerp soos ’n skalpel op die been en gesig gesny.

Die saak is deur landdros Stephanie Strydom vir verdere ondersoek tot 9 November uitgestel. Boshoff is uit op waarskuwing. (Deur Garnett Wicomb)