Oudtshoorn gimnaste presteer

Op die saamgestelde foto is van links: Nadia van Jaarsveld, Skye van Jaarsveld, Lumé de Koker, Mia Lombard, Pulani Scheepers en Anneke Scheepers. Foto: Verskaf

Ses gimnaste van die Oudtshoorn Artisties- Tuimel- en Trampolienklub het tydens die SA-kampioenskappe in Wynberg van 23-26 September goed presteer.

Met meer as 3 200 gimnaste wat deelgeneem het, was die kompetisie baie sterk.
Skye van Jaarsveld en Nadia van Jaarsveld het 2de plekke gewen. Anneke Scheepers het ’n algehele 4de plek ontvang.

Lumé de Koker was algeheel 8ste, Mia Lombard was algeheel 9de en Pulani Scheepers was algeheel 12de. (Lindi Brill)