Lede van Black Mountain CrossFit het verlede Saterdag aan die ‘Fittest of the Garden Route- kompetisie by die Arbeiplaas in George deelgeneem.
Hierdie kompetisie is aangebied deur ‘Box Battles SA’, en deelnemers van regoor die Tuinroete het in die pret en sweet kom deel. Black Mountain het 5 spanne ingeskryf, met 4 deelnemers in elke span.
Die kompetisie het bestaan uit drie basiese oefensessies, waarna die top 4 mans- en vroue-spanne deurgedring het na die eindronde. (Lindi Brill)
Black Mountain CrossFit neem deel in George
Die lede van Black Mountain CrossFit wat aan die ‘Fittest of the Garden Route’- kompetisie deelgeneem het. Foto: Verskaf