Langenhoven Gimnasium speel die Oktober- vakansie gasheer vir rugbyspelers van regoor Suid- Afrika. Die 11de Hollywood Foundation Iqhawe Week vir vanaf 5 tot 9 Oktober hier plaas.
Spanne wat na hier toer is die o.15 Lions, Leo-pards, Limpopo Blue’s, SWD XV, Puma’s, Sharks, Griffons, Blue Bulls, Border, Griquas, Valke en die Vrystaat. WP en Oos-Kaap asook SWD en die Boland spanne gaan mekaar die stryd aansê.
Toegang tot al die wedstryde is gratis, kyk gerus na die program vir wedstrydtye.
Die doel van die Iqhawe Week is om jong talent te identifiseer op skoolvlak, vir spelers van nuwe, kleiner, landelike, laer-liga en nie-tradisionele rugbyskole om deel te neem aan ’n toernooi gelyk aan die Nasionale Craven Week en Grant Khomo Weke. Hier kry jong spelers die kans om ook deur die ander afrigters en keurders gesien te word, en hul rugbydrome so te bewaarheid.
Die Iqhawe Week is in 2013 op die been gebring en het verskeie groot name in rugby opgelewer. Rugbysterre soos Mawande Mdada van die Hollywoodbets Sharks en Michail Damon van die Golden Lions is voorbeelde van die sukses van hierdie week.
Vanjaar is daar ’n spesiale simbool van hoop, bemagtiging vir jongmense asook van geleenthede wat geskep word wanneer spanne vir die eerste keer meeding vir die eerste Gavin Varejes Rugby Trofee.
“Die Hollywood Foundation is trots om saam met die SA Rugby Legends te werk om die Iqhawe Rugby Week te borg. Ons is passievol oor sport, maar nog meer passievol oor grondsportontwikkeling en die bou van ’n toekoms vir sporttalente in hierdie land. Ons weet hoe belangrik dit is vir hierdie voorheen benadeelde jongmense om hul rugbytalent op die sport veld te vertoon. Ons wens al die spelers geluk wat vir die week gekies is en wens hulle alle sukses op die speelveld toe,” het Devin Heffer, Handelsmerk- en Kommunikasiebestuurder by Hollywoodbets, gesê.
“Iqhawe Week gaan nog altyd oor meer as rugby. Dit gaan daaroor om seuns van onderverteenwoordigende gemeenskappe die kans te gee om te droom, te bereik en ’n helderder toekoms te bou.
Die bekendstelling van die Gavin Varejes Rugbytrofee is ’n geskikte huldeblyk aan die waardes waarvoor ons staan en die nalatenskap wat ons aanhou bou – Marius Schoeman – (Hoof Uit- voerende Beampte) SA Rugby Legends
Saam met die week se opwinding, kom ook hartseer nuus met die uittree van Kalbas Nell. Nell was vir 10 jaar ’n “World Rugby level 2 afrigter, asook ’n Boksmart assessor. Hy het ook verskeie rugbyspanne afgerig en was ook die ABSA Currie beker o.20 afrigter vir SWD.
Nell het verskeie groot fondsinsamelingsprojekte op die been gebring, bekende name in rugby en sport na die dorp gebring en verskeie groot toere en toernooie gereël.
Nell vertel dat een van sy hoogtepunte was om vir die laaste twee jaar Gim se o.14 B span af te rig.
“Alhoewel dit vir my hartseer is, maak dit my ook trots om te sien hoe so baie kinders gegroei het en wat hul bereik het deur die regte hulp en ondersteuning. Ek wil ook net dankie sê aan elke liewe persoon wat die pad saam met my gestap het, gehelp het en ondersteun het in elke droom wat ons vir ons plaaslike talent het,” sluit Nel af.
Borge wat hierdie week ondersteun is Hollywoodbets, SA Rugby Legends, SA Rugby, Cell C, Deep Heat, DSV en Quest Capital is van die groot name wat hul gewig agter die Iqhawe Week ingooi. (ANGLIQUE ERASMUS)
