
’n Swierige funksie, uitgedos in pers en goue volstruisvere het Dinsdag by Surval Boutique Olive Estate plaasgevind, waar die amptelike bekendstelling van die 11de Iqhawe Week plaasgevind het. Hierdie toer vind vanaf 5 – 9 Oktober in Oudtshoorn by Langenhoven Gimnasium plaas.
Leer meer oor die toernooi asook die volledige program: https://www.diehoorn.com/sport/oudtshoorn-gasheer-vir-iqhawe-week/
Die nuwe Gavin Varejes Rugby Trofee is ook tydens die geleentheid onthul, en sal deur die wenspan van die week omhoog gehou word.
Die dag is bygewoon deur rugbylegendes en bekendes in sportkringe, asook jong spelers wat dieselfde doel en liefde vir die sport deel. Die geleentheid het die gevoel geskep van wat op die rugbyveld wag; van inspirerende woorde tot aksie op die veld. Moenie die gratis toernooi misloop om van die land se talentvolste o.15 spelers in aksie te sien nie.
SA Rugby Legends bedank ook graag die volgende instansies en persone wat Oudtshoorn flair tydens die funksie geskenk het. Yolandi Horn van Cape Karoo Ostrich Emporium, CKI vir die pragtige volstruisleer banke, waar lekker gekuier kon word, en Nguni velle.
Dan vir Alta Bence vir ongelooflike mooi volstruisveerkandelare in pers en goud. Dan ook ’n spesiale dank aan Abri Ferreira van Alert Partol en Corleen Barnard van Oudtshoorn en De Rust Toerisme, wat raakvat en nie net verblyf reël nie, maar ook Oudtshoorn uit haar hart bemark vir ons besoekers. (ANGELIQUE ERASMUS)

Bo van links: Jessie Claasen, Dale Santon en Kaya Molotana hou die nuwe Gavin Varejes Trofee vas.

Die Gavin Varejes Trofee. Foto verskaf


Tafels was swierig in pers en goud uitgedos, selfs met volstruisvere in die hoofborg Hollywood Foundation se kleure. Foto verskaf

Een van die pragtige volstruisveerkandelare wat uit die dak gehang het. Foto verskaf.

Bo van links: Kalbas Nell, bekende in sportkringe tree met hierdie toer amptelik uit. Langs hom is Corleen Barnard, bestuurder van Oudtshoorn en De Rust toerisme. Foto verskaf