OUDTSHOORN Posduifklub se geveerde atlete het verlede naweek, 9 September, hul wedvlugte vanaf Groblershoop in die Noord-Kaap gevlieg.
Die duiwe is die oggend omstreeks 6:55 losgelaat en die eerste duif in wedvlug 25 van Dirk Greeff Lofts, het om 12:40:19 ingeklok na ’n afstand van 519 km.
Wedvlug 26 se wenduif was die duif van Klein Karoo Lofts met ’n inkloktyd om 13:05:07 nadat sy ’n afstand van 521 km afgelê het.
Wedvlug 25-uitslae: Dirk Greeff Lofts – 1, 9, 14 en 30; Klein Karoo Lofts – 2, 3, 4, 7, 8, 22 en 29; Night Drop Racers – 5, 11, 13, 16, 25 en 28; A.M.J. Lofts – 6, 20, 23 en 26; Thelma’s loft – 10; Ockie Olivier @ Abi – 12, 24 en 27; Hannes Smit – 15 en 19; M.J. Pienaar – 17, 18 en 21.
Wedvlug 26-uitslae: Klein Karoo Lofts – 1, 2, 4, 6, 12 en 30; Night Drop Racers – 3, 9, 13 en 15; A.M.J. Lofts – 5, 7, 11, 21, 23 en 27; M.J. Pienaar – 8, 14, 19 en 20; Dirk Greeff Lofts – 10, 17, 18 en 24; Ockie Olivier @ Abi – 16 en 28; Hannes Smit – 22 en 26; Thelma’s loft – 25 en 29. (Deur Lindi Brill)