MARCEL Petzer is die nuwe klubkampioen van Wesbank tennisklub vir 2023.
Petzer het Saterdag, 9 September, teen sy jonger broer, Zander Petzer in die enkelspel meegeding vir die titel van klubkampioen.
Die wedstryd is in twee stelle beslis met 6 – 3 en 6 – 1.
Louis Uys en Zerwich Westraad gaan in die dubbels finale teen Jacques de Beer en Lee-Roy Olyn te staan kom op Woensdag, 13 September om vieruur die middag. (Deur Lindi Brill)
Petzer is nuwe klubkampioen
