MARCEL Petzer is die nuwe klubkampioen van Wesbank tennisklub vir 2023.
Petzer het Saterdag, 9 September, teen sy jonger broer, Zander Petzer in die enkelspel meegeding vir die titel van klubkampioen.
Die wedstryd is in twee stelle beslis met 6 – 3 en 6 – 1.
Louis Uys en Zerwich Westraad gaan in die dubbels finale teen Jacques de Beer en Lee-Roy Olyn te staan kom op Woensdag, 13 September om vieruur die middag. (Deur Lindi Brill)
Petzer is nuwe klubkampioen
Die nuwe klubkampioen, Marcel Petzer saam met Louis Uys, voorsitter van Wesbank tennis-klub, wat die beker aan Petzer oorhandig. Foto: Verskaf