Oudtshoorn Dominoes-unie reik uit na Groter Oudtshoorn klubs

Aksie tydens die Oudtshoorn Dominoes-unie se “Outreach”-toer, Sondag (13 November) op Dysselsdorp. Foto's verskaf

Die Oudtshoorn Dominoes-unie se “Outreach”-toer het Sondag (13 November) op Dysselsdorp afgeskop waar spanne van die unie teen Dysselsdorp-spanne gespeel het.

Hierdie uitreiking na klubs oor die Groter Oudtshoorn sal Sondag, 20 November in Volmoed plaasvind, en 4 Desember in Schoemanshoek. Die Oudtshoorn Dominoes-unie, wat reeds in 2012 gestig is en sedertdien gegroei het met klubs wat aansluit, wil die sport uitbrei om die omliggende gebiede van Oudtshoorn deel te maak daarvan.

Enige klubs of persone wat wil aansluit kan die voorsitter, Dean Damons of die seketaris, Olivia Damons skakel om meer uit te vind by 078 739 4525 of 065 565 2456.