
BBL-toernooi sorg vir aksie
Die BBL Honderdbal-toernooi, wat die beste vlakkiekrietspanne van die omgewing saambring, het die afgelope naweek gesorg vir stofstaan-aksie. In die eerste kragmeting het die Champs teen die Firestars gespeel. Nadat die Champs 63 lopies aangeteken het, het Firestars met die tweede-laaste bal van die wedstryd die wenlopies aan-geteken. Tydens die tweede wedstryd van die dag het die Lions die Tornadoes aangepak, met die Lions wat gewen het.
Foto’s: Ebenezer Titus
