Oudtshoorn Besigheidskamer se maandelikse gholfdag lok 52 spelers

Die Oudtshoorn Besigheidskamer se maandelikse gholfdag is Woensdag (6 April) soos oudergewoonte op die Oudtshoorn Gholfbaan gespeel, en het hierdie keer 52 spelers gelok. Die wenners, William Phillipus (middel) en Louis Stander (afwesig met foto) het met ’n telling van 49 punte die ander spelers uitgestof. Saam met Phillipus is Daniel van der Berg van die dag se borg, Volmoed Quarry en Van Der Berg Vervoer; Jurie Neetling, klubkaptein; Abrie Ferreira, voorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer; en Donavan van der Berg, ook van die dag se borg. Foto: Stefan Skapie Goosen