Manewill verkies tot nasionale span

Die SWD se Bradley Manewill - hier afgeneem toe hy tydens die Groter Oudtshoorn se Sporttoekennings vir 2019 aangewys is as Sportpersoon met Gestremdheid van die jaar - is onlangs in die Suid-Afrikaanse krieketspan vir verstandelik beperkte spelers ingesluit wat in Maart 2023 ’n driehoekige toernooi in Kaapstad sal speel. Manewill, ’n oud-leerder van Eljada-Kairos Skool op Oudtshoorn, sal as deel van hierdie span teen Engeland en Australië te staan kom. Foto: Stefan Skapie Goosen