VAN die 52 deelnemers wat Saterdag (9 April) aan die 281ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Olyflandgoed deelgeneem het, was dit Pieter Gers wat met ’n persoonlike beste tyd van 21 minute 30 sekondes eerste oor die eindstreep was.
Heinrch Boje (21:49) was tweede en die 15-jarige Graeme Philander wat vir die eerste keer deelgeneem het, derde met ’n tyd van 22 minute 8 sekondes.
Tarren Jullies was die vinnigste van die vroue met haar tyd van 24 minute 50 sekondes en algeheel in die negende plek.
Bart Saaiman het hom Saterdag by Klub 200 aangesluit toe hy sy 200ste Parkrun met ’n tyd van 30 minute 35 sekondes voltooi het.
Die res van die voorste drawwers van Saterdag se deelnemers was Gary Vos (23:43), Ermst van Zyl (24:30), Johann Botha (24:46), Johann Coetzer (24:46), Yaron Venter (24:49), Fanie Olivier (26:37), Conrad Jullies (26:44), Petrus Geldenhuys (27:57), PA Geldenhuys (27:59), Jeanne Oosthuizen (28:16), Albertus Raubenheimer (30:00), Aldeen van der Walt (30:50), Annemarie le Roux (31:14), Mianca van der Walt (31:49) en Annemie Vogel (32:04).
• Francois Verwey het met ’n tyd van 22 minute 11 sekondes op 2 April die 280ste Oudtshoorn Parkrun gewen met Johann Botha (24:45) tweede. (Deur Garnett Wicomb)
Pieter Gers wen Parkrun 281
